1 ’n BEDEVAARTSLIED.Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
2 My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
3 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
4 Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
5 Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
7 Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
8 Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.