37 Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie.
38 Egipte was bly toe hulle uittrek, want vrees vir hulle het op hulle geval.
39 Hy het ’n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.
40 Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.
41 Hy het ’n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke — ’n rivier!
42 Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.
43 En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel.