26 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes — hulle siel het vergaan van wee.
27 Hulle het getuimel en gewaggel soos ’n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.
28 Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.
29 Hy het die storm ’n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
30 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
31 Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.
32 En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.