22 Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.
23 Ek gaan heen soos ’n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos ’n sprinkaan.
24 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.
25 En ék het vir hulle ’n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.
26 Help my, Here my God! Verlos my na u goedertierenheid,
27 sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o Here, het dit gedoen.
28 Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.