1 HALLELUJA! Alef. Ek wil die Here loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering.
2 Gimel. Die werke van die Here is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar ’n welbehae in het.
3 He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
4 Sajin. Hy het vir sy wonders ’n gedagtenis gestig; Get. die Here is genadig en barmhartig.
5 Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond.