6 Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee.
7 Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar.
8 Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid.
9 Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik.
10 Resj. Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het ’n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.