2 Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?
3 terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.
4 Hulle afgode is silwer en goud, ’n werk van mensehande.
5 Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
6 ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ’n neus, maar ruik nie;
7 hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.
8 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.