162 Ek is vrolik oor u belofte soos een wat ’n groot buit vind.
163 Leuens haat ek en het daar ’n afsku van; u wet het ek lief.
164 Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.
165 Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.
166 o Here, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.
167 My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.
168 Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.