19 Ek is ’n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.
20 My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.
21 U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.
22 Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.
23 Al sit vorste en beraadslaag teen my — u kneg oordink u insettinge.
24 Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.
25 My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.