35 Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek ’n behae.
36 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.
37 Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.
38 Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.
39 Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.
40 Gewis, ek het ’n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.
41 En laat u goedertierenhede oor my kom, o Here, u heil volgens u belofte,