39 Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.
40 Gewis, ek het ’n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.
41 En laat u goedertierenhede oor my kom, o Here, u heil volgens u belofte,
42 sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.
43 En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.
44 Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,
45 en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.