48 en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink.
49 Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.
50 Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak.
51 Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.
52 Ek het gedink, o Here, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos.
53 Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat.
54 U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap.