92 As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.
93 Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.
94 Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.
95 Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.
96 Aan alle volmaaktheid het ek ’n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.
97 Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.
98 U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.