1 ’n BEDEVAARTSLIED.Ek roep die Here aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
2 o Here, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
3 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
4 Skerp pyle van ’n held saam met gloeiende kole van besembosse.
5 Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!