1 LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
2 Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
3 Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid —
4 Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
5 Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
6 Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
7 Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.