18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.
19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!
20 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders!
21 Here, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?
22 Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!
23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
24 en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!