1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
2 Red my, Here, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;
3 wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.
4 Hulle maak hul tong skerp soos ’n slang; gif van ’n adder is onder hulle lippe. Sela.
5 Bewaar my, Here, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.
6 Trotsaards het vir my ’n vangnet gespan en toue; hulle het ’n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.