1 ’n PSALM van Dawid. Here, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.
2 Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.
3 Here, stel ’n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
4 Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.
5 Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig — hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.
6 As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.
7 Soos ’n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk.