1 ’n ONDERWYSING van Dawid, toe hy in die spelonk was. ’n Gebed.
2 Hardop roep ek die Here aan, hardop smeek ek die Here.
3 Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.
4 As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ’n vangnet vir my gespan.
5 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.
6 Ek roep U aan, o Here! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.