2 my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.
3 o Here, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee?
4 Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos ’n vlugtige skaduwee.
5 Buig u hemele, Here, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook!
6 Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!
7 Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes,
8 wie se mond leuens spreek en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is.