11 konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
12 jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges —
13 laat hulle die Naam van die Here loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
14 En Hy het ’n horing vir sy volk verhef: ’n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!