1 ’n GEDIG van Dawid.Bewaar my, o God, want by U skuil ek.
2 Ek het tot die Here gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.
3 Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.
4 Die smarte van hulle wat ’n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.
5 Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot.
6 Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.
7 Ek sal die Here loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.