1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
2 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
3 Die een dag stort vir die ander ’n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.
5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ’n tent gemaak;
6 en dié is soos ’n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ’n held om die pad te loop.