5 Die stem van die Here breek seders; ja, die Here verbreek die seders van die Líbanon;
6 en Hy laat hulle opspring soos ’n kalf, die Líbanon en Sirjon soos ’n jong buffel.
7 Die stem van die Here slaan daar vuurvlamme uit.
8 Die stem van die Here laat die woestyn bewe; die Here laat die woestyn van Kades bewe.
9 Die stem van die Here laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!
10 Die Here het gesit oor die Watervloed; ja, die Here sit as Koning tot in ewigheid.
11 Die Here sal sy volk sterkte gee, die Here sal sy volk seën met vrede.