4 Here, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.
5 Psalmsing tot eer van die Here, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;
6 want ’n oomblik is daar in sy toorn, ’n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.
7 Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.
8 Here, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg — ek het verskrik geword!
9 Ek het U aangeroep, Here, en ek het die Here gesmeek:
10 Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?