6 want ’n oomblik is daar in sy toorn, ’n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.
7 Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.
8 Here, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg — ek het verskrik geword!
9 Ek het U aangeroep, Here, en ek het die Here gesmeek:
10 Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?
11 Hoor, Here, en wees my genadig! Here, wees my ’n helper!
12 U het my weeklag vir my verander in ’n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;