1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.
2 In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.
3 Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
4 Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
5 Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op ’n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.