4 Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
5 Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op ’n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
6 o Here, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
7 U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is ’n groot watervloed. Here, U behou mense en diere!
8 Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.
9 Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
10 Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.