2 Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.
3 Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.
4 My hart het warm geword in my binneste; ’n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:
5 Here, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.
6 Kyk, U het my dae ’n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.
7 Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.
8 En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.