1 VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid.
2 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
3 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.
4 Weet tog dat die Here vir Hom ’n gunsgenoot afgesonder het; die Here hoor as ek Hom aanroep.