2 Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die Here sal hom red in die dag van onheil.
3 Die Here sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.
4 Die Here sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
5 Ék het gesê: o Here, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
6 My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?
7 En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.
8 Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê: