1 VIR die musiekleier; met fluite. ’n Psalm van Dawid.
2 o Here, luister na my woorde, let op my versugting.
3 Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
4 In die môre, Here, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.
5 Want U is nie ’n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.
6 Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
7 U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die Here ’n afsku.