7 U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die Here ’n afsku.
8 Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.
9 Here, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.
10 Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is ’n oop graf; hulle maak hul tong glad.
11 Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.
12 Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.
13 Want U seën die regverdige, o Here, U omring hom met welbehae soos met ’n skild.