1 VIR die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. ’n Psalm van Dawid.
2 o Here, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.
3 Wees my genadig, Here, want ek is verswak; maak my gesond, Here, want my gebeente is verskrik.
4 Ja, my siel is baie verskrik; en U, Here, tot hoe lank?
5 Keer terug, Here, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
6 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?