1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die Lelie van die Getuienis.” ’n Gedig van Dawid, om te onderrig.
2 Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalfduisend.
3 o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!
4 U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!
5 U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.
6 U het aan die wat u vrees, ’n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.