9 Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ’n toevlug vir ons. Sela.
10 Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
11 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!
12 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,
13 en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.