4 Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
5 Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
6 Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
7 as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
8 Want U was ’n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
9 My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
10 Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.