7 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,
8 wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;
9 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.
10 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.
11 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.
12 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.
13 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig.