5 Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.
6 Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.
7 Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.
8 Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem —
9 wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.
10 Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos ’n mens silwer louter.
11 U het ons in die net gebring, ’n swaar las op ons heupe gelê.