1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Lelies.” ’n Psalm van Dawid.
2 Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.
3 Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.
4 Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.
5 Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.
6 o God, Ú weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.