6 o God, Ú weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.
7 Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, Here van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!
8 Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.
9 Vreemd het ek vir my broers geword en ’n onbekende vir die seuns van my moeder.
10 Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.
11 Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.
12 Ek het ook ’n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle ’n spreekwoord geword.