9 Die Here oordeel die volke. Doen aan my reg, Here, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
10 Laat tog die boosheid van die goddelose mense ’n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
11 My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.
12 God is ’n regverdige regter, en ’n God wat elke dag toornig is.
13 As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
14 en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.
15 Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.