15 As ek gesê het: Ek wil óók so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!
16 Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,
17 totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
18 Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.
19 Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
20 Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
21 Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,