15 Ú het fontein en stroom oopgeslaan; Ú het standhoudende riviere laat opdroog.
16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; Ú het hemelligte en son vasgestel.
17 Ú het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, Ú het hulle geformeer.
18 Dink hieraan: Die vyand het die Here gesmaad, en ’n dwase volk het u Naam verag.
19 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.
20 Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.
21 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.