30 Hulle was nie weg van hul begeerte nie — hulle voedsel was nog in hulle mond —
31 toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy ’n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.
32 Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie.
33 So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.
34 Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek;
35 en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.
36 En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg;