1 VIR die musiekleier; op die Gittiet. ’n Psalm van Asaf.
2 Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!
3 Hef aan ’n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.
4 Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.
5 Want dit is ’n insetting vir Israel, ’n verordening van die God van Jakob.
6 Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. ’n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor: