5 Want dit is ’n insetting vir Israel, ’n verordening van die God van Jakob.
6 Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. ’n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:
7 Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos.
8 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.
9 Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!
10 Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor ’n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.
11 Ek is die Here jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.