2 Hoe lieflik is u woninge, o Here van die leërskare!
3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die Here; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
4 Selfs vind die mossie ’n huis en die swaweltjie ’n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, Here van die leërskare, my Koning en my God!
5 Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
6 Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
7 As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ’n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.
8 Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.