8 Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.
9 Here, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.
10 o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.
11 Want ’n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
12 Want die Here God is ’n son en skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
13 Here van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!