1 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.
2 U het, o Here, ’n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.
3 U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.
4 U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.
5 Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!
6 Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?